Afrikaans @ Maties

Hierdie webwerf is gekuif na Afrikaans@Maties. Skakel asseblief oor na http://afrikaansbymaties.blogspot.com/

Thursday, July 1, 2010

Minister stel Groepe in US Raad aan


Oud-Maties het met groot verbasing verneem dat die Minister van Hoër Onderwys, dr Blade Nzimande (beter bekend as Sekretaris van die SA Kommunistiese Party), vir mnr Francois Groepe, bestuurshoof van Media-24, as lid van die US Raad in Junie 2010 aangestel het.
Dit kom nadat Groepe vernietigend verslaan is in die verkiesing van US Raadslede deur die Konvokasie, wat in Maart 2010 gehou was. Nie-amptelik is verneem dat Groepe slegs 'n dubbelsyfer getal stemme op hom verenig het (uit meer as 5000 stemme wat uitgebring is). Die stemuitslae is geheim gehou deur die US Registrateur, mnr Johann Aspeling, "om verleentheid vir mense in hoë posisies te verhoed".
Groepe was voorheen deur die vorige Minister van Nasionale Onderwys as die Minister se "verteenwoordiger" ('n term wat hy self gebruik het) in die US Raad aangestel, maar sy termyn het in Junie 2009 verstryk en hy is nie onmiddellik daarna deur die Minister van Hoër Onderwys heraangestel nie. Hy het as lid van die US Raad bekendheid verwerf daarvoor dat hy 'n "mosie van sensuur" ingestel het teen 'n voormalige mede-raadslid, dr Marié Heese, nadat laasgenoemde 'n brief in Die Burger geskryf het. Dr Heese het kort hierna as US Raadslid bedank.
Groepe se aanstelling volg dieselfde patroon wat in 2006 gebeur het. Mnr Gerhard van Niekerk is in die 2006 verkiesing van US Raadslede deur die donateurskorps verpletterend verslaan deur mnr Jaco Maree. Die betrokke verkiesing was in omstredenheid gehul op grond van beweerde onreëlmatighede met die kieserslys vir donateurs. Onmiddellik hierna is Van Niekerk deur die destydse Minister van Onderwys as US Raadslid aangestel, op aanbeveling van Dr Edwin Hertzog, destydse Raadsvoorsitter. Sowel Hertzog as Van Niekerk het in die 2010 US Raadsverkiesing, saam met 'n ander onsuksesvolle kandidaat mnr Desmond Smith, opgetree as faksie wat o.a. Groep se kandidatuur bevorder het.

No comments:

Post a Comment