Afrikaans @ Maties

Hierdie webwerf is gekuif na Afrikaans@Maties. Skakel asseblief oor na http://afrikaansbymaties.blogspot.com/

Saturday, February 27, 2010

U.S. RAADSVERKIESING: NUUS

U.S. RAADSVERKIESING: UITSLAG DRA STERK BOODSKAP UIT
Ses toonaangewende Suid-Afrikaners is met oorweldigende meerderhede tot die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies – vier deur die Konvokasie, tewete prof Wannie Carstens, dr George du Toit, adv Jan Heunis en dr Rhoda Kadalie, en twee deur die donateurs van die Universiteit, naamlik mnr George Steyn en prof PW van der Walt. Met hierdie uitslag het die pro-Afrikaanse beweging 'n baie duidelike boodskap uitgedra. Die ses suksesvolle kandidate se kandidatuur is gepromoveer deur die pro-Afrikaanse beweging, bestaande uit prof Hermann Giliomee, dr Marié Heese, prof Lina Spies en mnr Jacko Maree.

Dit is terselfdertyd 'n vernietigende neerlaag vir die Hertzogiete, 'n groep van drie bestaande uit dr Edwin Hertzog, mnr Gerhard van Niekerk (ondervoorsitter van die US Raad), en mnr Desmond Smith (wat later self as kandidaat vir die donateurs deelgeneem het, en hom aan die Hertzogiete onttrek het). Wenkbroue is gelig oor Van Niekerk se aktiewe deelname met die bevordering van bepaalde kandidate, veral aangesien dit van hom as ondervoorsitter van die US Raad verwag word om onpartydig te wees. Die Hertzogiete se kampanje is gevoer met e-posboodskappe en selfoonoproepe vanuit 'n spesiaal ingerigte "oorlogskamer" wat ingerig is by MediClinic, die maarskappy waarvan Edwin Hertzog die uitvoerende hoof is.

Nie 'n enkele een van hul kandidate is verkies nie, en nie-amptelik word verneem dat die verloorders oorweldigend verslaan is.
Lees verder deur hier te klik.


Vir 'n rubriek van Pieter Malan (Rapport) oor 'n meningsopname oor die verkiesing, klik op Maties is nie onder 'n kalkoen uitgebroei.

Die ware verhaal van US se swenk in die donker na Engels (Hermann Giliomee) (Nuut!)

"Staan op regte" die in-ding - "Op ’n muur op die US-kampus verskyn dié woorde van D.F. Malan: “Waar Stellenbosch vandag staan, staan Suid-Afrika môre.” Nie meer nie. Deesdae arriveer Stellenbosch eers môre of oormôre." - Tim du Plessis (Beeld) (Nuut!)

Nog 'n US Raadslid bedank: "Matie-besluite oor Afrikaans moet in howe beveg word," deur Jacko Maree (Repliek: Rapport, 2010-03-14)

Vir algemene nuus insake verwikkelinge op die taalfront aan die U.S., besoek gerus die blog http://afrikaansbymaties.blogspot.com
Verdere bespreking oor die verkiesing is te sien by Facebook.

No comments:

Post a Comment